Auferstanden aus Ruinen

'n Oos-Duitse 1964-posseël met die eerste lyn van die volkslied
Standbeeld van Johannes R. Becher deur Fritz Cremer in Berlyn

Auferstanden aus Ruinen ("Herrys uit die ruïnes") was tot die Duitse hereniging in 1990 die volkslied van die Duitse Demokratiese Republiek. Die teks is geskryf deur Johannes R. Becher, terwyl Hanns Eisler die melodie gekomponeer het. Die teks van die volkslied is sedert die sewentigerjare om ideologiese redes nie meer gesing nie, aangesien dit die reël Deutschland einig Vaterland ("Duitsland, verenigde vaderland") bevat en die DDR-bewind die amptelike beleid van twee Duitse state gevolg het – met twee verskillende politieke en ekonomiese stelsels wat as onversoenbaar beskou is.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search